​Die Kaapse skeepsvrag huisie

Johannes van Graan Johannes van Graan
Square Elephant, Berman-Kalil Housing Concepts Berman-Kalil Housing Concepts Moderne Häuser
Loading admin actions …

Wanneer dit kom by argitektuur, kan Suid-Afrika definitief saamspog met van die wêreld se beste ontwerpe en argitekte. Maar het jy al ooit iets soos dié gesien? 

“The Square Elephant” (so genoem deur sy ontwerpers) is ‘n luukse huis met ‘n verskil – dit is gemaak van skeepsvraghouers. Die slim argitekte by Berman Kalil in Kaapstad het hul kreatiwiteit gestrek met hierdié ontwerp, en het ‘n groot stuk metaal houer wat eens op ‘n tyd gebruik was om vragte oorsee te vervoer in ‘n luukse (en praktiese) woning omskep. 

Die huisie is effens weggesteek tussen die berge buite Hermanus en geniet dus rus en vrede, maar het definitief al die slimmighede wat ‘n moderne familie benodig. 

Kan jy jou indink om in ‘n ou skeepsvraghouer te bly? Lees eers verder voor jy antwoord…

Die voorkant

Van die voorkant gesien, kan mens tog leidrade oplet dat dié voorwerp voorheen iets was wat gebruik was om groot vragte regoor die wêreld te vervoer. Maar dis eers wanneer mens nader kyk dat jy al die verskillende veranderinge sien wat dié groot metaal houer in ‘n woonplek omspek het. 

Die bamboes dek voor maak ‘n heel gerieflike voorstoep wat die binnekant van die huis sommer groter laat lyk, en heelwat spasie laat vir die buitenste meubels. En aangesien daardie Suid-Afrikaanse son genadeloos kan wees, is ‘n praktiese afdakkie bygesit wat darem koelte verskaf aan dié wat op die voorstoepie wil sit en ontspan.

Die kombuisie

Die kombuis bied ‘n klein dog gerieflike werksplek, sowel as genoeg stoorplek vir heelwat goedjies wat kosmaak aanbetref. Die ligte kleure van die kaste en mure laat die spasie nog groter en helderder lyk, veral wanneer lig deur daardie venster instraal.

En gepraat van die venster, hoe kan enigiemand nou kla oor ‘n bietjie skottelgoed as hulle so pragtige uitsig kan geniet?

Die kompakte badkamer

Alhoewel spasie bietjie klein is in hierdie houer huisie, het die argitekte hulle goed van hul taak gekwyt deur ‘n praktiese uitleg aan te bied. 

Behalwe deur ligte kleure te gebruik (net soos in die kombuis), het die ontwerpers ook ‘n stokoue slimmigheid ingesluit om die spasie groter te laat lyk: ‘n spieël wat soveel muurspasie as moontlik opneem, asook help om lig van die venster te weerkaats. 

Probeer gerus hierdie wenk by die huis!

‘n Gerieflike styl

Die sit- en eetkamers is ook heel slim uitegelé en bied definitief genoeg spasie vir mens om rond te loop en te sit. Hierdie is danksy die feit dat daar geen mure is wat dié kamers van mekaar skei nie. 

En kyk net na daai meubels – heel modern met hul kleure, patrone en style.

Lekker slaap

Die hoofslaapkamer (daar is twee slaapkamers in die huis, as jy dit kan glo!) is klein, dog heel prakties en stylvol. Die kleurskema laat ons aan ‘n modern hotel dink danksy daardie grys, wit en helder rooi skakerings, wat ook ‘n heel kalm atmosfeer skep – perfek vir ‘n slaapkamer.

Gepraat van slaapkamers, kyk ‘n bietjie na The 12 most beautiful bedrooms you will ever see .

Benötigen Sie Hilfe mit einem Projekt?
Beschreiben Sie Ihr Projekt und wir finden den richtigen Experten für Sie!

Highlights aus unserem Magazin